Wednesday 16 November 2011

Gesmoorde Beesstert



















1 beesstert, opgesny.
olie vir braai.
2 uie, in skywe gesny.
2 wortels, geskraap en in kwarte gesny.

3 selderystingels, in 5 cm.- stukke gesny.
15 ml. koekmeelblom.
500 ml.
vleisaftreksel.
bouquet garni.
sout en peper na smaak.

Braai vleis in swaar-boomkastrol in vet tot goed bruin aan alle kante. Skep uit en hou eenkant. Braai uie, wortels en selderye in dieselfde kastrol tot effens bruin. Roer meelblom in, gooi vloeistof by en laat opkook.

Geur met kruie en geurmiddels. ( bouet garni ) Skep groentemengsel in vuurvaste kasserolbak, skep vleis op groente, plaas styfpassende deksel op en bak omtrent 1 1/2 tot 2 uur lank in voorverhitte oond van 180 Grade C. of tot vleis sag is.

Verwyder bouquet garni sodra vleis van bene begin afval. Dien baie warm op, saam met stampmielies of rys.Let wel:As die beesstert baie vet is, is dit goed om die vleis al die vorige dag gaar te maak, te laat afkoel en dan die soliede vet te verwyder.

Verhit goed voor opdiening.Bouquet garni is 'n kruie wat saam in 'n bossie in 'n moeselien-sakkie toegebind en voor opdiening verwyder word.