Thursday 27 October 2011

Ys blokkie idees


‘n Oulike kombinasie met die emmer en kerse idee, is om ysblokkies te maak met eetbare blomme daarin.

Hiervoor kan jy blommetjies soos kappertjies gebruik of selfs peppermint blaartjies en skyfies suurlemoen (dalk mooi in ‘n vormpie uitgesny). Klein roosknoppe of roosblare kan in ysblokkies geplaas word en dit lyk dan pragtig as jy dit in die houers plaas om die wyn koud te hou.