Thursday 27 October 2011

Dryf kersies in die tuin


As jy besig is om dalk ‘n somer tuin troue te reël of jy wil sommer net jou tuinpaadjie laat mooi lyk wanneer gaste kom kuier, is hierdie oulike emmer idee dalk net die regte ding:

Al wat hier gedoen is, is die emmer is vol water gemaak.  Plaas daarin een groot dryf-kers (jy kry pragtige soorte in die winkels) en maak die res van die water oppervlak toe met blommetjies uit jou tuin wat op die water dryf.  Dis kleurvol, pragtig en sal beslis die aandag trek.