Friday 14 October 2011

Winnie the Pooh

As jy 'n kinderpartytjie reël met 'n Winnie the Pooh tema, moet jy uitkyk vir hierdie vlapoeier-houertjies.

Jy koop jou vlapoeier in hulle en daar is heel moontlik nou een van hulle op jou rak in die kombuis.  Haal die "label" af en siedaar:  Hulle maak die perfekte heuning potjies.
Jy kan hul vol lekkergoed maak om vir elke maatjie een te gee, as jy baie het, of gebruik net 'n paar van hulle as deel van die dekor vir die tema.