Friday 14 October 2011

Sneeumanne van potte

Hierdie oulike sneeumanne is so maklik om te maak, dat selfs 'n beginner dit kan probeer.
Op die fototjie links is 'n kleipotjie gebruik en die bolletjie vir die koppie kan jy by "craft shops" kry.  As jy egter nie hierdie winkels in jou omgewing het nie, maak dan 'n sneeumannetjie soos op die foto regs.  (Eenvoudig twee kleipotjies op mekaar.)
As jy groot kleipotte het wat die plek vol staan, maak dan sommer 'n hele sneeuman om oor kerstyd in jou tuin wag te hou, soos hieronder.

Bron:  Facebook / In en om die huis member shared photos