Monday 24 October 2011

Tuinmaak in die lug

Maak tuin in geute.  Daai ou stuk geut wat nou al so lank in jou agterplaas lê kan die ideale plekkie raak vir 'n vertikale tuin. 

Maak die geute stewig vas met sterk draad, sodat dit nie te erg deur wind beweeg word nie.  Onthou net dat die plantjies meer gereeld water gaan benodig aangesien hul baie min grond het om in te groei.