Monday 24 October 2011

Boerseep gemaak met as. (Santie)

Boerseep met as..

1 sinkemmer fyn as,
5 sinkemmers koue water
halwe emmer kalk,
1 kg uitgebraaide hardevet.
Voer 'n houtkissie met 'n skoon, klam doek uit. Kook as,water en kalk 2uur lank saam. Syg die mengsel deur 'n doek tot dit skoon is. Voeg die vet by en kook dit vir 12 ure. Giet seep in kissie, laat goed afkoel en sny in stene.!