Saturday 29 October 2011

WEENSE WORSIE MUFFINS



Maak 8 - 10 muffins

1 x 250g weense worsies, in stukke gesny
280g bruismeel
2ml sout
2ml varsgemaalde swartpeper
100g gerasperde cheddarkaas
175ml melk
125ml sonneblomolie
2 eiers

Voorverhit die oond tot 200°C.

Sif die meel en sout saam. Voeg die swartpeper en kaas by. Meng liggies.

Klop die melk, eiers en olie saam. Voeg geleidelik by die droë bestanddele en meng sagkens tot alles eweredig klam is. Moenie te veel meng nie, dit kan veroorsaak dat die mengsel klonte vorm.

Skep 'n bietjie van die mengsel in die holte van 'n muffinpan, plaas 'n stukkie weense worsie bop-op en bedek met nog muffinmengsel. Herhaal met die oorblywende mengsel en weense worsies.

Bak vir 20 - 25 minute of tot die muffins terugspring wanneer jy dit liggies met 'n vinger druk.

Bedien warm of by kamertemperatuur met botter.