Monday 17 October 2011

Hergebruik - kerskaartjies / gift tags

As daar ou kerskaartjies in jou laai lê van verlede jaar moenie hulle weggooi nie.

Maak jou eie naamkaartjies vir geskenke, deur die prentjie op die kaartjie uit te knip.  Maak met 'n pons 'n gaatjie vir 'n lint of toutjie en skryf agterop die name en 'n boodskappie.  As jy nie 'n gaatjie drukker het nie, plak die toutjie of lint aan die agterkant van die kaartjie vas met kleeflint.