Monday 17 October 2011

Sitrus vir 'n kerstafel

‎'n Pragtige tafel rangskikking met min moeite. Suurlemoene, lemmetjies en 'n kers. Wie sou nou dink dis so maklik.

Dalk 'n oulike idee vir 'n somer-kersfees. Jy kan rooi roosknoppe tussen die sitrus in druk, of versier met kersversierings tussen in.  Hierdie idee kan ook deurgevoer word met appels in stede van sitrus.  Gebruik rooi en groen appels op dieselfde manier as waarop die suurlemoene en lemmetjies gebruik is.