Monday 17 October 2011

Geskenk idee - kruie tuin


As jy 'n geskenk soek vir 'n vriendin wat verjaar, is hierdie mandjie idee ideaal. 

Enige mandjie sal doen en jy vul dit eenvoudig met verskillende soorte kruie wat jy by die kwekery koop.  (Klein saailinge soos Roosmaryn, Basil, Tiemie....) Jy kan die mandjie mooi afrond met 'n strik en selfs 'n pakkie saad vir haar gunsteling blomme, in die middel byvoeg.
As 'n mandjie idee vir jou bietjie duur klink, kan jy altyd 'n mooi plastiek kombuis bak neem wat sy agterna weer kan gebruik om yskastert in te maak.  Voer die bak eers uit met mooi papier en rond dit af met selofaan om dit bietjie feestelik te laat lyk.