Tuesday 18 October 2011

Kieriekoekies vir die Kersfeesgees















2/3 koppies (160 ml) sagte botter / margarien
¾ koppie (180 ml) suiker
2.5 ml vanielje
1 eier
15 ml melk
2 koppies (500 ml) meel
10 ml bakpoeier
1 ml sout
rooi koekkleursel

Verroom die botter / margarien, suiker en vanielje.
Voeg die eier en melk by.

Sif die meel, bakpoeier en sout saam.
Voeg by die nat mengsel. Meng goed saam.

Deel die deeg in twee dele. Gebruik rooi koekkleursel om die een helfte te kleur. Gewoonlik kom dit steeds 'n donker pienk uit, alhoewel kleursel uit 'n buisie dalk die kleur beter sal laat vertoon.
Indien jy meer as een kleur wil maak, kan jy die deeg in meer dele verdeel. Groen en rooi lyk mooi saam.

Maak die deeg dig toe in plastiek of 'n bakkie en plaas in die yskas vir 'n kwartier.

Voorverhit die oond tot by 180 °C.

Knyp 'n klein stukkie van elke kleur deeg af. Rol dit onder jou vingers totdat jy lang rolletjies het. Laat die twee rolletjies langs mekaar lê en knyp die bokante saam. Vleg nou die twee kleure.

Plaas dit op 'n gesmeerde bakplaat, en vorm dit dat dit soos 'n kierie lyk.
Bak vir 10 minute.

Laat staan op bakplaat om af te koel voordat jy dit op 'n afkoelrakkie sit.
Nou kan jy dit eet, uitdeel of aan die boom hang met raffia of lint, en dan eet!
Bron:  Facebook / In en om die huis member shared