5 k meel
3 k klapper
5 k hawermout
4 k suiker
500 g margarien
4 groot eiers
10 ml koeksoda
50 ml kookwater
50 ml stroop
50 ml kakao
100 g kooksjokolade
Meng meel, klapper, hawermout en suiker. Vryf botter in. Klits eiers en voeg by. Los koeksoda op in kookwater, stroop en kakao. Voeg by meelmengsel. Die deeg is taamlik styf. Rol uit en sny in verskillende vorms. Plaas op gesmeerde bakplaat en bak by 180ºC vir ongeveer 12 min. Laat afkoel. Smelt sjokolade oor warm water en plak koekies twee-twee aanmekaar met sjokolade.