Tuesday 18 October 2011

Plant jou eie greenpeppers.

So vanaand maak jy pasta en jy het ‘n heerlike groot rooi soetrissie gekoop om in die pasta te gebruik.  MOENIE die pitte weggooi nie. 
Soetrissies groei vreeslik maklik van pitte.   
Gooi hulle sommer direk in die tuin in ‘n beddinkie by jou agterdeur en kort voor lank het jy klein plantjies wat oortrek sit met jou eie soetrissies.  ‘n Volson plekkie wat beskut is teen sterk wind, is ideaal.  Gee net gereeld water.  Hulle groei ook baie goed in houers, so jy kan selfs ‘n emmer neem en die pitte daarin plant.  Dink net hoe lekker kan jy spog as jy jou eie soetrissies in die tuin pluk.