Tuesday 18 October 2011

Kersgeskenke in 'n skoenboks

As jy hou van 'scrapbooking' of sommer net lus is vir iets nuuts, kan jy gerus probeer om 'n gewone skoenboks so oulik te versier vir kersgeskenke (sien foto).  Hier is 'n paar idees van wat om binne-in te sit.  Dis mos altyd lekker om so 'n verrassingspakkie te kry....

1)  Vir 'n tiener-meisie:  'n CD, leesboek, lipstiffie, lekker ruik sepie en reukwater, ietsie vir haar hare...
2)  Vir 'n vriendin:  'n Klein resepte boekie, koekiedrukkers, mooi vadoek, speserye, slaaisous.....
3)  Vir 'n tuin vriend:  Tuin handskoene, notaboekie en pen, saad van sy/haar gunsteling blomme, tuingrafie...
4)  Vir 'n ouma:  Foto in 'n raampie van die gesin of kleinkinders, lyfroom, sagte eetgoed, lekker ruik sepie...
5)  Vir 'n man in jou lewe:  Droëwors, 'n CD of DVD, 'n Showergel, 'n das, 'n foto vir sy lessenaar...

Pak die skoenboks vol van alles wat lekker is en wat jy weet die persoon van sal hou.  Dis 'n geskenk wat met liefde uitgedink word en iets wat spesiaal met gedagte vir daardie persoon gekoop was.  Hulle sal dit baie waardeer.