Tuesday 18 October 2011

Statige blomme vir die somer tuin.

As jy nog nie hierdie statige blomme vir jou somertuin aangeplant het nie, is dit dalk nou die tyd om uit te kyk vir plante by jou kwekery .   
Agapanthus verkies volson, maar in warm gebiede sal hul floreer onder ‘n boom se skadu.  Hulle verkies grond wat goed dreineer en hou van kunsmis, maar nie te veel nie.  Hulle blom vanaf laat lente en het blomme wat wissel in kleur skakerings van blou, pers en wit.  Hulle is meerjarig en plant voort deur die polle te verdeel.