Friday 28 October 2011

‘n Geskenk aan myself



Somtyds vergeet ons om bietjie teontspanoor die kersvakansie.  Ons is so besig om rond te hardloop en oral uit te kom waar ons graag heen wil gaan, dat ons nie bietjie net stil sit sommer vir lang rukke nie. 
Oulike idee:

Daardie leesboek wat jy nou al so lank vir jou self wou koop, maar waarby jy net eenvoudig nooit uitkom nie……Koop hom en draai hom toe.  (Nee moenie eers begin blaai in hom nie.  Draai hom onmiddelik toe.)  Sit hom dan onder die kersboom as ‘n “geskenk aan jouself”.
Jy sal verbaas wees hoe opgewonde jy dalk gaan wees vir die oopmaak van geskenke en daarna maak jy tyd om rustig erens in jou tuin te gaan sit en te lees oor die vakansie.  Geniet dit.