Thursday 27 October 2011

Maak jou eie ys bak.


Jy kan ‘n pragtige bak maak…………..van ys.  (Maklik)

Neem ‘n groot bak en vul dit net halfpad met water.  Gooi in die water blommetjies en blaartjies net soos jy daarvan hou.  Jy kan by ‘n spesifieke kleur hou, of jy kan sommer ‘n mengelmoes van al die blommetjies in jou tuin gebruik.  Neem dan ‘n kleiner bak en plaas dit binne-in die groter bak.  Hou in gedagte die breedte van die rand wat jy jou ysbak wil maak.  M.a.w., as jy ‘n lekker dik rand wil wat lank sal hou sonder om te smelt, gebruik ‘n bakkie aan die binnekant wat heelwat kleiner is as die buitenste een.  Plak die bakkies vas met kleeflint om die klein bakkie presies in plek te hou….in die middel.  Sit in die frieskas tot jy dit gaan gebruik.
Om die bakkies los te maak van die ys, gooi ‘n klein bietjie warm water in die binneste bakkie, maar jy moet vinnig werk. 
Sodra die ys bak los van die bakkies is, sit hom terug in die yskas anders mag hy dalk aanhou met smelt.
Wenke:  Moenie dit doen op ‘n dag wat dit 34 grade buite is nie, jou bak sal te gou smelt.
Plaas ‘n skinkbord of glasbord onder die bak om die water op te vang indien by begin smelt.
Hoe langer jy hom in die frieskas hou, hoe langer gaan jou bak op die tafel hou.