Friday 28 October 2011

Boeke vir die vakansie


Oulike plekkies om in te loer oor naweke of vakansie tye is tweede handse boekwinkels. 
Daar kry mens somtyds oulike boeke en kan jy jou leesstof lekker op bou vir die kersvakansie teen minimale pryse.  ‘n Paar maande gelede soek ek na ‘n spesifieke boek in die winkels.  Toe ek die prys van amper R300 sien vir ‘n nogal ietwat dun boekie, het ek dit maar gelos.  Toevallig loop ek by ‘n tweedehandse boekwinkel in en noem dit vir die eienaar van die winkel.  “Nee wag,” sy , “praat jy van……..” en daar haal sy 100% die regte boek uit die rak.  Splinternuut.  Dit lyk of niemand nog eens deur hom geblaai het nie…………die prys?...............± R50…..