Thursday 20 October 2011

‎'Granola' Vrugtesosaties





















Bestanddele:

1 k 'granola'
1 appel, in stukke gesny
1 piesang, in stukke gesny
1 kaalgatperske, in stukke gesny
1 k vars pynappelstukke
1 k vanilje jogurt

Metode:

Sit die 'granola' in 'n bord. Meng die vrugte versigtig met 'n bietjie vars suurlemoensap sodat dit nie verbruin nie. Sit 'n tandestokkie in elke vrug en doop in die jogurt en rol in die 'granola' vir bediening.