Thursday 20 October 2011

Gedroogde appelkoosblatjang

















Bestanddele:

250 g gedroogde appelkose, rof gekap
1 handvol ontpitte rosyne
½ ui, fyn gekap
125 ml bruinsuiker
1 t sout
1 t gemaalde gemmer
½ t gemaalde koljander
1 t rooipeper
¼ k asyn

Metode:

Braai die ui in ‘n bietjie olie tot deurskynened. Voeg die speserye by en braai vir ‘n paar minute. Voeg die res van die bestanddele by en prut totdat die appelkose sag is Bedien met die vetkoek en bobotiemaalvleis of skep in gesteriliseerde flesse .