(Vir grootmaat, x4)
185 g margarien
250 ml gouestroop
5 k meel
20 ml koeksoda
20 ml kremetart
50 ml fyn gemmer
5 ml sout
3 eiers
625 bruin suiker
Smelt botter en stroop in groot kastrol en laat afkoel tot lou. Sif meel, koeksoda, kremetart, gemmer en sout saam. Voeg eiers by stroopmengsel en roer tot alles gemeng is. Gooi suiker bo-oor en roer net tot mengsel nat is, maar suiker nie gesmelt is nie. Gooi oor gesifte bestanddele en meng. Bedek deeg en laat dit sowat 2 ure lank rus. Rol balletjies en plaas 2 cm van mekaar op gesmeerde bakplate. Druk effens plat met ‘n vurk. Bak 10-15min by 180ºC.
Lewer 1,8kg.