Thursday 20 October 2011

Broslekkers met neute
























Jy benodig


•500g suiker

•250g ongesoute neute soos amandels en kasjoeneute
Só maak jy

1 Kies jou gereedskap reg. Verhit die suiker in ’n kleefvrye pan.
2 ’n Warm kalant. Kook die suiker oor ’n lae hitte en roer dit aanhoudend totdat dit heeltemal opgelos het en karamel word. Wees versigtig, want die suiker raak ongelooflik warm!
3 Wag… wag… nou! Sodra die karamel die kleur van sterk tee het, kan jy die neute ingooi en dit roer totdat al die neute heeltemal met karamel bedek is.
4 ’n Taai affêre. Bedek ’n oondpannetjie met ’n laag foelie, spuit dit met Spray & Cook en krap die karamelmengsel daarop uit.
5 Suikersplinters. Laat die mengsel afkoel en breek dit dan in stukke – pasop dat die skerp rande nie jou vingers sny nie


(Resep uit Weg Sleep)