Tuesday 25 October 2011

Deklaag vir jou tuin

‘n Deklaag is basies enige iets wat mens oor die grond in jou tuin strooi om oop dele van die grond te bedek.  Bv, boombas. 
Dit is voordelig vir jou tuin want:
1)  dit beskerm plantwortels teen hitte 
2)  dit help om die vog in die grond te behou 
3)  dit laat jou tuin mooi lyk 
4)  jy het nie nodig om elke cm van die tuin toe te plant nie en kan dus kostes bespaar
5)  dis ‘n goeie manier om ‘n lae onderhoud tuin te skep
6)  dit kan die gehalte van jou grond verbeter
7)  dit help om onkruid te beheer in die tuin
8)  help keer erosie

Dis ook nou die regte tyd om daardie klippies in die tuin bietjie na te gaan en seker te maak of jy dalk bietjie moet by-gooi of die onkruid dalk bietjie moet uittrek....