Tuesday 25 October 2011

Helleborus  (Lenteroos, wilde roos, winterroos en Kersfeesroos of nieskruid)

Hier is bietjie inligting oor 'n plant wat ek nie so goed ken nie.  Helleborus of te wel Lenteroos / Kersfeesroos, is 'n immergroen meerjarige plant.  Hulle hou van koeler, vogtiger dele van die land (bv. KwaZulu Natal), maar aard baie goed in die koue van Gauteng se winters.  Hierdie plant hou van skadu en klam grond en blom laat winter en vroeë somer.
(Hier is meer inligting wat ons uit 'n Tuis artikel gekry het.)

Helleborus orientalis
Die
lenteroos groei maklik en is immergroen. Die plant is gehard en floreer selfs in die Gautengse winter. Dit word tot 45 cm hoog en wyd. Die blomme wissel van groen, pienk, rooskleurig tot pers, partykeer met donker kolle. Die plant blom in die winter en vroeë lente en die blomme is uitstekende snyblomme.Helleborus niger
Die minder
bekende Kersfeesroos,met sy suiwer wit blomme wat van die herfs tot die vroeë lente verskyn, aard goed in gedeeltelike skaduwee in goedgedreineerde grond. As die plant begin knoppe maak,bedek die grond rondom die plant met strooi of bas, sodat die blomme nie in die grond hang nie.Helleborus foetidus
As
jy die stink nieskruid se blare kneus, sal jy verstaan waar die volksnaam vandaan kom. Die plant het ’n meer kompakte groeiwyse as die res van die genus, met elegante, fyn verdeelde blare. In die lente pronk liggroen blomme met pienk rande in trosse net bo die blare.

Kweekwenke
Grond Die Helleborus hou van klam,komposryke en goedgedreineerde grond. Omdat hulle diep wortels uitstuur, is dit goed om hulle in diep gate te plant, met baie organiese materiaal en beenmeel.
Blomme Skakerings van wit, roomkleurig, geel, groen, pienk en pers.
Ligging Die plant aard baie goed in koue toestande. Plant dit verkieslik in die skaduwee of onder bladwisselende bome in baie warm dele,
Gebruike Die Helleborus is wonderlike snyblomme en hou 8 tot 12 dae in  water. Onthou net om die steel te sny en nie af te breek nie. En hou in gedagte  dat sommige spesies giftig is.