Wednesday 19 October 2011

Bunny Chow - Hoender





















‎2 eetlepels botter
1 groot ui, in dun ringe
2 eetlepels tikka masala (deesdae by die meeste supermarkte)
1 teelepel fyn komynsaad


4 hoenderfilette, elk in die lengte in 4 gesny
1 koppie ongegeurde jogurt of klapperroom
1 blokkie hoenderaftreksel
½ koppie water

Só maak jy
1 Braai die ui en speserye vir omtrent 5 minute in ’n potjie of pan tot die ui sag is en begin verkleur.
2 Voeg die res van die bestanddele en die helfte van die water by. Prut oor lae hitte vir ongeveer 10 minute.
3 Kyk of die hoender gaar is. Indien wel, haal dit uit die pan pan, sit dit in ’n bord en gebruik 2 vurke om dit in repe te skuur. Plaas dit terug in die sous. Jy kan nou nog water of nog jogurt byvoeg, afhangend van hoe dik jy die sous wil hê. Bedien onmiddellik met vars brood en gekapte vars koljanderblare