Wednesday 19 October 2011

Bunny Chow - Lamsvleis

















‎1 Heel witbrood in helfte gesny,

Met ’n skerp mes, sny die meeste van die sagte wit brood uit sodat ’n dik kand en bodem agterbly om die kerrie binne te hou.   Hou die uitgesnyde blok brood.

Kerrie:

Stap 1

ster-anys
stokkie kaneel
½ koppie olie
1 ui, gekap


4 huisies knoffel, fyngekap
vars gemmer, fyngekap
5 groen rissies gekap, pasop moenie aan jou oe raak nie
2 lourier (kerrieblare) bayleaves
n Braai al die bogenoemde saam met die uie tot dit deurskynend is

Stap2
3 eetlepels garam masala
2 eetlepels sterk kerriepoeier van jou keuse
1 tl fyn koljander
2 tl fyn rooipeper
2 tl borrie
3 et bruin druiwe asyn
Voeg die speserye by die gebraaide uie , roer vinning deur en dan die asyn roer vinnig deur, verwyder van plaat... vir 1 minuut

Stap3

1 kg lamsvleis, in blokkies gesny ( beesblokke of hoender kan ook gebruik word)
2 groot aartappels, in blokkies gesny
2 medium tamaties, gekap
Voeg nou jou lamsvleis by die uiemengsel roer goed deur, plaas terug op plaat, sodra begin vasbrand onder gooi genoeg water by om vleis te dek... laat stadig prut vir 1 uur of tot sag.... voeg dan die aartappels en tamatie by, voeg nog water by as dit nodig is, om die inhoud net te bedek.  Kook stadig tot aartappels heeltemal sag is.  Skep in die uitgeholde bunnies, Plaas die uitgesnyde brood terug bo-op en bedien met ’n vars uie-tamatie-chilli-sambal.  Word met jou hande geëet