Thursday 20 October 2011

NEUTBESKUIT















1 kg bruismeel
10 ml sout
10 ml bakpoeier
500 ml muesli
250 ml sonneblomsaad
250 ml pekanneute, gekap
125 ml klapper
500 ml semel-ontbytgraanvlokkies
500 ml bruinsuiker
2 ekstra-groot eiers
500 g botter of margarien, gesmelt
500 ml karringmelk
1 groen appel, geskil en gerasper

Voorverhit die oond tot 180 grade C en smeer 3 kleinerige broodpanne. Meng die droë bestanddele saam. Voeg ook die bruinsuiker by. Klits die eiers en voeg die res van die bestanddele by. Voeg by die droë bestanddele en meng goed. Skep in die voorbereide panne, maak gelyk bo-op en bak vir 45-60 minute tot gaar of tot 'n toetspen skoon uit die middel van die beskuit kom. Laat effens afkoel, keer uit en sny in vingers. Plaas op bakplate en droog uit teen 100 grade C. Bêre in lugdigte houers. Lewer 80 beskuite.