Wednesday 12 October 2011

Beplan vir kersfees se ete

Beplan jy reeds aan jou kerstyd etes?  Veral die groot kersete op Kersdag?  Maar so tussen die lyne onthou jy ook hoe moeg jy laas jaar was na al die kook en regstaan?

Nooi hierdie jaar jou gaste en vra dat elkeen 'n gereg moet saambring.  Skryf neer wat elkeen bereid is om te bring sodat jy nie opeindig met drie pasteie en geen ham nie. 
Nie een van jou gaste sal omgee nie en dit kan heerlike pret wees om al die verskillende geregte te proe en te geniet.  Dis sommer ook 'n heerlike gesprekspunt vir die tafel en meestal ruil mense agterna nog resepte uit, want Tant Anna se mostert was dan so lekker by die ham of Boeta se mosselsop was 'n treffer en moenie vergeet van Arina se bobotie, Nathali se hoender of Ouma se pasteie nie ...

Die beste van alles:  Dit spaar almal 'n groot klomp werk, want elkeen hoef net een gereg vir Kersdag te maak.  Dus gaan die gasvrou ook tyd hê vir heerlik ontspan en kuier saam met vriende en familie.