Thursday 27 October 2011

Aarbeie in sjokolade




















Jy benodig (vir 6 mense)
• 18 groot, soet aarbeie
• 1 plak (100g) donkersjokolade


So maak jy
1 Was die aarbeie en druk dit met kombuispapier droog.
2 Smelt die sjokolade in ’n bak bo ’n kastrol met kokende water.
3 Doop die aarbeie halflyf in die sjokolade en pak dit dan op ’n bord wat met foelie bedek is.
4 Sodra die sjokolade weer hard is, pak die aarbeie op ’n mooi bord en laat almal hulleself help

(Resep uit Weg)