Thursday 27 October 2011

Fyn Aarbeikonfyt























Fyn Aarbeikonfyt


Was en sny die stingels van die aarbeie af.
Weeg die vrugte en gebruik 500 g suiker vir elke 500 g vrugte.
Sit die vrugte en die suiker in lae in n kastrol, druk die onderste laag vrugte stukkend sodat die sap uitkom en laat dit oornag staan.
Verhit dit stadig en roer dit af en toe tot die suiker opgelos is.
Kook vir ongeveer 1 uur lank en bottel dit warm.