Thursday 27 October 2011

Aarbei-mousse























4 – 6 porsies
  • 1 groot houer ryp aarbeie
  • 300 ml room
  • 1 vanieljepeul se sade
  • 60 ml strooisuiker
  • 400 ml aarbei-jogurt
Kap aarbeie fyn. Klop room styf en voeg uitgekrapte saadjies van vanieljepeul en strooisuiker by. Voeg gegeurde room en jogurt by fyn aarbeie. Verkoel goed in yskas. Sit voor met meringue, nog vars aarbeie en kruisementblare.    

(Resep uit Sarie)