Thursday 27 October 2011

Aarbei-roomys























(6 porsies – sowat 1 liter)

•8 eiergele
•125 g suiker 
•1 vanieljepeul
•375 ml melk
•250 ml room
•800 g vars aarbeie, fyngekap in jou voedselverwerker

Klits die eiergele en suiker tot lig van kleur en dik. Sny die vanieljepeul oop en krap die sade met ’n mes uit. Plaas die dop en sade in die melk. Verhit melk tot net voor kookpunt, verwyder die vanieljepeul en gooi warm melk by die eiergeel-mengsel. Klits goed. Gooi terug in die kastrol. Hou aan met roer oor lae hitte totdat die mengsel die agterkant van ’n houtlepel bedek – nou is dit vla. Gooi in ’n bak en laat afkoel in die yskas. Voeg room en aarbeie by wanneer dit koud is en meng goed. As jy ’n roomysmasjien het, volg die aanwysings. So nie, gooi die mengsel in ’n plat bak en maak toe met kleefplastiek. Sit die bak in die vrieskas. Roer die roomys elke uur tot gevries.

(Resep uit Sarie)