Thursday 27 October 2011

Aarbei-roomkaas-nagereg




















Maklik en flatervry en genoeg vir vier mense.

250 g roomkaas
150 ml natuurlike jogurt
45 ml ligkleurige heuning
1 eierwit, styf geklits
250 g vars aarbeie


Meng eerste drie bestanddele saam en vou dan styfgeklitste eierwit in. Verdeel in 4 glaskelkies en versier verder met vars aarbeie.

Indien verkies, giet eers 'n lagie aarbeistroop bo-oor voordat jy die aarbeie bo-op plaas.

(Resep uit Landbou Tydskrif)