Friday 16 September 2011

Wasgoedpennetjies vir 'n kruietuin

Soek jy vir 'n goedkoop idee vir naamplaatjies vir jou vensterbank kruietuin?

Hout wasgoedpennetjies kan mooi versier word met stensil werk, verf of 'n plastiek rosie of twee. Skryf dan met 'n swart merkpen die naam van jou kruie daarop en sit bloot die wasgoedpennetjie vas op die rand van die kruie potplantjie. Siedaar jou eie unieke "nametag" vir jou kruietuintjie op die vensterbank.

Jy kan ook die pennetjies verf met swartbordverf en dan met wit bordkryt die name daarop skryf.