Friday 16 September 2011

Geen geld vir blomme

Op 'n funksie wat ons gereel het, was ons bietjie uit begroting na al die groot uitgawes en daar kort ons toe nog blomme vir 'n tafeltjie naby 'n kaggel.

In plaas van blomme sit ons toe hierdie pot met sosatiestokkies op die tafel. Net gewone lintjies bo-aan gebind, 'n paar kerse en 'n bak marshmallows. Dit het regtig oulik gelyk.
In somer tye kan jy dalk die marshmallows vervang met 'n seleksie van vars vrugte waarvan mense hul eie vrugte-sosaties kan maak.
Wys jou die begroting hoef nie altyd groot te wees nie....mens kan plan maak as jy moet.