Monday 19 September 2011

Gluten vry Plaatkoekies

Hierdie resep is van Pasella - Gluten vry Plaatkoekies
(Maak 15)

1 eier, geskei
2/3 k rysmeel
½ t fyn kaneel
¼ t gerasperde suurlemoenskil
170 ml rys- of sojamelk
1 e water
1 t bakpoeier
2 t sonneblomolie


Meng die eiergeel en die res van die bestanddele, behalwe die olie, goed saam. Klits die eierwit tot sagtepuntstadium en vou dit in die beslag in. Verhit die olie in ‘n groot pan en bak lepelsvol beslag. Draai om wanneer die beslag lugblasies vorm. Bedien die plaatkoekies met ‘n heerlike bessiesous of heuning.