Tuesday 20 September 2011

TOKS SE BILTONGPOT



















3 uie, gekap
1 pakkie vars sampioene, opgesny
1 pakkie spek, opgesny
1 pakkie frankfurter worsies, opgesny
1 pakkie kaasworsies, (‘cheese grillers’), opgesny

1 pak skroefnoedels
1 pakkie Tastic sampioenrys
1 pakkie Tastic Spaanse rys
720g gekerfde beesbiltong
250g gerasperde kaas

Maak 'n swart pot warm oor die vuur en braai die uie en sampioene in olie. Geur met sout. Gooi spek by en braai 2 minute, voeg dan worsies by. Braai 5 minute. Gooi skroefnoedels en rys by en een ketel kookwater. Maak pot toe en prut 20 minute (hou ‘n oog en gooi nog water by indien nodig). Gooi biltong oor, maak deksel toe en stoom 5 minute. Maak oop en roer pot deur, kyk net dat dit nie droogkook nie. Gooi gerasperde kaas bo-oor en laat staan 5 minute. Eet en geniet! Lewer 10 porsies.