Thursday 1 September 2011

Soetmielies van die groentetuin na die tafel - vars.


Sweetcorn / soetmielies kan in die lente gesaai word sodra die moontlikheid van ryp verby is.  Dis regtig ‘n maklike groente om te saai in ‘n huis tuin, want jy kan die pitte direk in die grond saai.   
Sorg net dat die grond goed omgewerk is en maak jou rye van Noord na Suid, sodat al die plantjies ewe veel sonlig kry.  My persoonlike ondervinding was dat jy wel mielies in potte kan groei, maar die oes is nie so goed nie.  Ek dink mielies groei maar die beste direk in ‘n groentetuin.