Thursday 1 September 2011

Alyssum (Carpet of snow)


(Party streke noem hul ook Heuningblommetjies.)
Hierdie blommetjies is so maklik om te groei in amper enige tuin.  Hulle is nie vol fieterjasies nie en gee ‘n oorvloed van blommetjies, dig op mekaar wat lyk soos ‘n tapyt van blomme heel somer.  Vandaar die naam “Carpet of snow”. 
Daar is ± 170 spesies so die kleure wissel van wit en pienk / pers (meestal bekend in SA) tot geel en rooi.  Ek het die volgende wyse raad raakgelees oor hierdie oulike blommetjies:  The scent of alyssum attracts Hover Flies and Parasitic Wasps. Those insects are good and feed on the aphids.”  So nou is daar sommer dubbele rede vir jou om hulle te plant. 

Volgende jaar sal jy sien kom hulle sommer outomaties weer oral in jou tuin op.  Die klein plantjies kan maklik verplant en hulle groei baie vinnig.  Alyssum is ideaal vir daardie spasies tussen blomme waar jy ‘n vuller nodig het of jy kan pragtige randakkers daarmee skep en hul selfs gebruik as grondbedekkers in groot spasies waar jy nie kans sien vir ‘n fyn-tuin nie.  Saai die saadjies en laat hul die stuk toegroei.  Saai begin lente.