Monday 12 September 2011

RYP VYEKONFYT

Kies vye wat net ryp maar nog styf is en skil hulle dun af. Laat hulle `n tydjie lank in die son staan om die nerf hard te maak, en weeg die vrugte.
Prik die vye goed met `n stopnaald.
Gebruik 500 g suiker vir elke 500 g vrugte en 100 – 125 ml ( 2/ 5 tot 1/ 2 k ) water vir elke 250 ml ( 1 K ) suiker. Maak die stroop soos beskryf op DIE MAAK VAN DIE STROOP, en kook die vye in die kokende stroop. Voeg 37 – 50 ml ( 3 tot 4 e ) suurlemoensap by vir elke 3 kg vrugte. Kook dit vinnig tot die vrugte helder en deurskynend is. Voeg naeltjies of `n paar stukkies gekneusde gemmer by vir geur, indien verkies, en verwyder dit weer voordat die vrugte gebottel word.
Bottel en verseël terwyl dit warm is.
L.W. Indien die stroop te dun is, laat dit oornag in die kastrol afkoel en verhit dit weer tot dit kook. Laat dit 10 minute lank kook en bottel.