Monday 12 September 2011

Raad vir Hakskene


•Vir gebarste hakskene, week jou voete vir ‘n hele rukkie in warm water met ‘n handvol growwe sout in. Doen dit net voor jy gaan slaap. Droog liggies af met ‘n handdoek. Smeer ‘n dik laag vaseline oor jou voete. Trek ‘n plastieksakkie bo-oor. Trek ‘n paar sokkies bo-oor die sakkies. Klim in die bed en slaap..
•Wend olyf - of kookolie aan skurwe hakskene die aand voor jy hulle skuur.
•Meng gelyke dele Glyserine (50 ml) en Scrubbs Amoniak (50 ml) in ‘n botteltjie en skud goed. Smeer elke aand aan nadat voete gewas en geskuur is.
•Vir wintershande, voete, gebarste hakskene, en selfs vir ekseem: Meng die volgende goed saam en smeer mildelik aan die aangetaste dele:
1.2 x 500 gram potjies Aqeuousroom
2.50 ml Gliserien
3.1 klein potjie wit Vaseline (reukloos)
4.100 g Johnson's babapoeier