Friday 9 September 2011

Preservering van eiervrug

Hoe om eiervrug te preserveer:

Jy kan eiervrug vries vir ‘n tydperk van tot 3 maande.
Sny die vrug in skywe, gooi bietjie sout oor en laat dit vir so 20 min. staan. 

Gooi oortollige vloeistof af en braai die skywe in ‘n bietjie olie en botter gemeng tot dit net net sag is.  Laat afkoel, skep in houertjies, seël en onthou om die houertjies te merk voor jy dit in die vrieskas sit.