Friday 9 September 2011

Eiervrug / Egg plant /Aubergine / Brinjal

Lente is 'n goeie tyd om eiervrug in jou tuin te saai.  Glo my dis nogal "impressive" as hierdie plante dra in jou tuin.  dit lyk regtig pragtig.

Eiervrug hou van grond met goed verouderde kompos en moet maar beskerm word teen wind.  Jy kan saailinge (klein plantjies) by jou kwekery koop, maar dis baie meer ekonomies om hulle van saad te saai.

Saai so elke twee weke ‘n bietjie van die saad, sodat jy opeenvolgende oeste kan geniet sonder ‘n oorvloed op een slag. 

Sommige variteite se vrugte raak baie groot (lees mooi op die pakkie saad wanneer jy koop), want dan moet jy die plante iets gee waarteen hulle kan stut.  Moenie te veel skoffel rondom die plantjies nie, want hulle hou nie daarvan as hul wortels “gepla” word nie. ‘n Goeie deklaag rondom die plantjies sal help om hulle vogtig te hou op warm somer dae, maar hulle hou van hitte.