Thursday 1 September 2011

Plant asb. 'n boom

Ek ry vanoggend weer in my motor en toe ek opkyk oor die stad, sien ek net bruin lug.  Nie van wolke nie, maar donker bruin vuil besoedeling wat in die lug hang.  Dis erg om te dink ons asem daai vuil lug in en ons het geen keuse nie.  Dit raak erger.  ‘n Paar jaar gelede was dit nie so erg nie, dalk net ‘n ligte wolkie op die horizon.  Nou is dit soos ‘n swart mis oor die hele stad en dit versprei verder.
Mense daar is net een manier hoe ons kan probeer help.  Bome help om vir ons suurstof te gee.  As elkeen net een of twee bome in sy tuin plant, KAN ons ‘n verskil maak.

Ek vra julle hulp, want my tuin is oorvol van bome.  Ek kan nie eens nog een boompie in pas nie al wil ek hoe graag.  Plant ‘n boompie vir In en om die huis en stuur vir ons ‘n foto.  Doop hom “Omiehuis” en praat met hom elke dag.  Jy sal sien hy gaan floreer. J  En vir daai dae wat jy so mismoedig voel, hang al jou sorge op “Omiehuis”, hy sal geduldig luister en vir niemand daarvan vertel nie…Hie-hie.