Wednesday, 31 August 2011

Kosmos - Pienk en pers skakerings vir jou somer tuin

Die spreekwoord op menigte tuinbordjies lui “Liefde kosmos niks”. 
Wel as jy ‘n liefde vir kosmos het, is dit nou die regte tyd om te saai en plant.  (Vroeg lente, net na die laaste ryp.) 
  
Sommige kwekerye het reeds saailinge (klein pantjies) beskikbaar, anders kan jy hulle maklik van saad groei.  Oppas net hul saadjies is baie fyn so moenie probeer saai op ‘n winderige dag nie.  Hulle is redelike maklike tuin plante wat jou sal beloon met pragtige skakerings van pienk, wit en pers in die somer maande.  (Nou ook beskikbaar in ander kleure.) 

Soek ‘n sonnige plekkie in jou tuin want hulle hou van volson.  Daar is ‘n redelike groot verskeidenheid beskikbaar, maar hou dop dat die slakke nie jou klein pragplantjies opeet oornag nie.  Beskerm maar die jong plantjies vroegtydig.