Thursday 1 September 2011

Lekkergoed buffet vir kersfees


Hier is ‘n soettand-idee vir kersfees. 
Op oukersaand wanneer almal wag vir vader kersfees om te kom, maak ‘n soettand-buffet.  ‘n Tafeltjie erens in die vertrek naby die kersboom, met ‘n mooi tafeldoek en pak dit propvol lekkergoed.  Sit al die lekkergoed wat ander tye van die jaar dalk nie so goed vir die figuur is nie, in mooi bakke en borde.  Hierdie een keer, kan almal maar bietjie die feestyd geniet. 
Versier idees vir die tafel 
Bloedrooi toffieappels (en groenes), sjokolade in feestelike blink papiertjies (sommer ‘n groot glasbak vol), tuisgebakte koekies met “jam” in die middel, turkish delight, meringues, ‘n karamel sjokoladekoek….alles wat lekker is.  Die tafel word dan sommer as nagereg tafel en laataand-peuselhappie tafel gebruik.
Gebruik spieëls en kerslig om dit op te vrolik.  Plaas die glasbakke met blinkpapier sjokolade daarin,  bo-op ‘n spieël.  Pak kerse oral op die tafel en kyk hoe glinster alles in die kerslig.