Tuesday 20 September 2011

Klippie kuns - idees vir in en om die huis


Deesdae kry mens rivier klippies in teëls soos mosaiek matjies. (Foto links)  Verkrygbaar by winkels wat teëls verkoop.  Bo en behalwe die normale gebruik van hierdie teëls in die badkamer of kombuis, het ons ook die volgende oulike idees wat maklik hiermee uitgevoer kan word:
Indien jy ‘n lae tuin muurtjie het, by die ingang van jou huis, wat jy bietjie wil opknap of om dalk swak pleisterwerk weg te steek, is hierdie teëls ideaal.  Verkrygbaar in baie verskillende vorms en kleure.
Versier ‘n tuin paadjie deur insetsels te doen of om die kante van die tuinpaadjie met hierdie teëls af te rond. 
Maak ‘n potstaander / plekmatjie vir jou tuintafel (foto regs).
Mosaiek ‘n tuinpot of ‘n tafel vir jou ontbyt hoekie in die tuin.