Monday 12 September 2011

Hoendervlerkies met doopsous



Jy benodig (genoeg vir 8 mense)

•24 hoendervlerkies
... •¾ koppie tamatiesous
•½ koppie blatjang
•3 eetlepels sojasous
•4 eetlepels Worcestersous
•2 knoffelhuisies, fyngekap
•sosatiestokkies

Vir die doopsous


•1½ koppie Bulgaarse yogurt
•2 huisies knoffel, fyngekap
•'n groot handvol gekapte grassprietuie
•sout en swartpeper na smaak.
Meng alles goed saam en hou in die yskas tot benodig. As jy kan, maak die sous 'n dag voor die tyd sodat die geure kan deurtrek.

Só maak jy
1 Verhit die oond tot 180 °C.
2 Ryg drie hoendervlerkies op elke stok en plaas in ’n oondbak.
3 Meng al die souse en knoffel. Gooi oor die vlerkies en maak seker dat elkeen heeltemal bedek is.
4 Maak toe met foelie en bak minstens 1 uur. Draai een keer om.