Monday 12 September 2011

Santie se lemoenrepies

125 sagte botter of margarine
250 ml suiker
... 1 blik kondensmelk
Gerasperde skil van 1 lemoen
50 ml lemoensap
2 pakke Mariebeskuitjies fyngerol
250ml klapper 100g kersies in kwarte gesny (opsioneel)

250 g/500 ml versiersuiker
50 ml suurlemoensap

• Smelt botter, suiker, kondensmelk, lemoenskil en sap in kastrol oor lae hitte tot alles gesmelt is.

• Haal van die stoof af en laat effens afkoel.

• Voeg krummels, klapper en kersies by.

• Meng goed.

• Druk mengsel vas in bak van 23 x 35 cm.

• Meng versiersuiker en suurlemoensap tot glad en smeer bo-oor.

• Laat afkoel en sny in repies van 3 x 6 cm

• Plaas in yskas om goed koud te word.

• Lewer 3 dosyn repies.


Dankie aan Marietjie Ferreira vir die resep